Die Herder

Fluister saggies
want niemand moet hoor…
Skape om ons
sing saam soos een groot koor

Heilig! Heilig!
Prys sy naam!
terwyl dade van minagting
voortgaan en skaam.

Reg! Reg!
Ons is Reg!
Omdat jy nie soos Ons dink nie
is jy net sleg!

Fluister saggies
en wees nie bang…
Opregte goeie dade is beter as
gillende, skreeuende sang.

Hierdie gedig was geskryf in 2008.

Gedurende die tydperk was ek baie gekonfronteer met die idee van geloof en die dubbelstandaarde wat binne die formele en informele strukture toegepas word.

Alhoewel ek reeds in 2006 finaal besluit het dat geloof en die konsep van ‘n god nie nodig is om sin te maak van die lewe nie (die wetenskaplike wyse het inteendeel vir my baie meer gerusstelling gegee), het ek eers in 2007 en 2008 regtig hiermee gestoei.

Ek het veral besonders alleen gevoel.

Ek was die enigste persoon in my vriendekring wat ongelowig was. Ek het dit slegs aan enkele persone erken, uit vrees vir verwerping. My toegang tot die internet gedurende die tyd was baie beperk, wat my nie die blootstelling aan die wat soortgelyk soos ek dink kon bied nie.

Vandag leef ek in vrede met my ongelowigheid. Ek sukkel met tye om my as ‘n ateïs te etiketeer, as gevolg van die negatiewe konnotasie daaraan gekoppel deur die Afrikaner gemeenskap. Ten spyte van die feit dat ek ‘n vandag ‘n volwassene is, openbaar ek my ongelowigheid slegs aan vertrouelinge. In my werksomgewing word hierdie manier van dink glad nie toegelaat nie.

Ek dink egter dis tyd dat dit moet verander.

Advertisements

3 thoughts on “Die Herder

  1. Dit moet verander.
    Niemand sal betwyfel dat die Skotte of Franse ‘n volk is nie, maar hulle sal die idee verwerp dat dit enige van volgende beteken:
    een voorgeskrewe godsdiens
    slegs heteroseksualiteit
    een velkleur.

    Mens maak plek vir almal wat in jou kring wil wees.

    Like

    • Ek stem saam jou Alleman, ek hoop regtig dat dit die regting is waarna ons beweeg.
      Ek moet egter bieg, ek maak myself skuldig hieraan. Wanneer ek bv aan ‘n Fransman dink en iemand laat weet my hy beoefen geloof, sal ek hoofsaaklik raai dat hy ‘n Katoliek is.
      So ongelukkig was geloof vir lank vereenselwig met kultuur, of dalk meer spesifiek die omgewing waar jy gebore is, maar ek reken kultuur se definisie is stadig maar seker besig om uit te brei.

      Like

  2. Ek stem saam jou Alleman, ek hoop regtig dat dit die regting is waarna ons beweeg.
    Ek moet egter bieg, ek maak myself skuldig hieraan. Wanneer ek bv aan ‘n Fransman dink en iemand laat weet my hy beoefen geloof, sal ek hoofsaaklik raai dat hy ‘n Katoliek is.
    So ongelukkig was geloof vir lank vereenselwig met kultuur, of dalk meer spesifiek die omgewing waar jy gebore is, maar ek reken kultuur se definisie is stadig maar seker besig om uit te brei.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s